Lentedag: ‘n Nuwe begin en die einde van irrasionele vrese

Ek het ’n irrasionele vrees vir enigiets wat eindig. Miskien is dit eintlik net rasioneel. Of my rasionaal in elk geval.

Ek kan nie die laaste episode van ‘n TV-reeks kyk tensy die volgende reeks reeds bekend gestel is nie. Die afwagting maak my dood. Dieselfde met boeke. As daar meer as een in ‘n reeks is moet ek almal hê, anders kan ek fisies nie die boek klaar lees nie. Die Hunger Games het vir my geëindig driekwart deur die tweede boek.

Ek is seer-seker die enigste persoon wat nog nie Game of Thrones klaar gekyk het nie, want ek het opgehou met die voorlaaste episode in die eerste reeks.

Netso kan ek ook nie konflik hanteer nie. Dit beteken dat ek eerder ‘n vriendskap of verhouding sal laat doodloop eerder as om die konflik en die einde daarvan te moet ervaar.

Dit fizzle maar net in stilte tot sy dood.

In my gedagtes gaan dit dalk nog aan, iewers, miskien in ‘n parallelle heelal.

Soos ek sê, irrasioneel.

Ongelukkig affekteer dit ook die manier wat ek werk. Niemand kan ‘n deadline uitstel en uitstel tot hy fisies nie meer kan as ek nie. Dit frustreer almal wat saam met my werk en ek besef dat hierdie verklaring moontlik daartoe gaan lei dat ek nooit weer werk kry nie. Of dalk gaan dit juis nou verander! Ek het immers die eerste tree gegee in die regte rigting! Mens moet immers jou foute aanvaar en erken wanneer jy ‘n probleem het, dan nie?

Vandag is lentedag! So ek het besluit om ‘n end te sit aan hierdie baie slegte lyn van denke.

Om mee te begin: Ek kan ook nie die laaste bietjie sjampoe uit ‘n bottel gebruik nie. Ek raak antsy die oomblik as dit te min raak en sal dan nuwes koop voor ek uithardloop. Die probleem is, dat na ‘n jaar lyk my badkamer so:

Dus het ek besluit om op te ruim, skoon te maak en uit te gooi. Uit die puin het ek ‘n HELE bottel sjampoe en opknapper kon red! As ek dit laas week geweet het kon ek dalk my geld beter aangewend het. (Die wintermaande is maar skraal.)

Ek voel egter uiters verlig. Ligter, beter, skoner met die wete dat ek vandag iets kon bereik.

Ongelukkig is dit deel van depressie. Jy stel uit en uit tot jy nie meer kan nie. Dit het ook natuurlik my werk (skryfwerk) beïnvloed aangesien ek nie ‘n pen kon optel nie. Dus is hierdie storie oor meer as net sjampoe. Dit gaan ook oor die feit dat ek dit kon neerpen, vir die eerste keer in maande.

Dalk kom my vrees uit meer as wat ek hier noem. Dalk was daar net te veel slegte eindes en dis makliker om net nie te weet HOE dit eindig nie. As daar ‘n ope einde is, beteken dit dalk daar is ‘n beter uitkomste as dit wat ek weet onvermydelik is. (Daar is heelwat stories hier, maar dis vir ‘n ander dag.)

So, aan almal wat ek laat gaan het oor die laaste paar jaar, weet net dis nie jy nie. Ek hoop daar is ‘n toekoms, of ten minste ‘n afsluiting, aan ons gesamentlike avontuur.

Om terug te kom na die sjampoe: Het enigiemand sulke bottels nodig vir ‘n projek of ‘n organisasie? Ek het hope!  

Oh, to be remembered

Said someone last night: “It’s nice to be remembered.”

This after a guy recognised me in the bistro I work most nights. To my estimation it had to be 7 or 8 years since we met. He remembered that I was a writer.

I think everyone wants to be remembered. I recall a poem from my years at school about someone who wrote his name on a jail cell wall – his way of being infinite. I can’t remember who wrote it anymore, but the whole idea was that the poet wrote the poem as his own way of being infinite. In a way, it worked. The idea of the poem has always been in the back of my head.

I guess as a journalist the hardest thing is that no one really remembers your name. Not in the sense that an author of a great book becomes a household name. Think Elliot, Bronte and Hemingway. When it comes to a news article, however, readers are only interested in the facts of the article. They don’t care about who it was that wrote the words or the blood and tears it took to put pen to paper. Most people knew who I was, yet couldn’t remember my name … only the name of the paper I worked.

I guess that’s why journalists are so irreplaceable.

It doesn’t take much to rewrite a press release or put together the facts.

My masters degree makes me too expensive and the experience I bring doesn’t mean much if you can appoint an intern at a quarter of the cost.

I used to be very very good at chasing the story, building relationships. Being first on the scene … But at what cost?

It broke me. It broke my heart to have to interview the people who had just lost someone to a crime committed in their home or in an accident. The job you have to do as a journalist is extremely important. You are the voice of your community. You are the one to warn families about all the bad that happens around them. The voice of reason. Of caution. The messenger.

I gave up that life to write about the things I wanted to write about. Another journalist once told me: “You’re like me. You have to write. The ink flows in your veins.”

Yet, if someone asks me what I do for a living it is difficult to say. I have seven bosses, including the one at the bistro where I am “Elbé the waiter”. (There is only one letter difference between writer and waiter for a reason I think … )

So I traded. Not up or down, but to something completely different.

And tonight it was just nice to be remembered. Even if he could probably never say what exactly it is that I wrote.

UPDATE: I had to call my Afrikaans teacher to find the poem I referred to. As it happens it is part of the matric curriculum! It’s called “Besoekersboek” (Visitor’s book) and written by Fanie Olivier. You can read it here.

Tolke en die taaldebat

NÁ Vredenheim se Taalberaad, besprekings oor Afrikaans in universiteite, nóg praatjies en nóg konferensies, het die Universiteit van Stellenbosch uiteindelik ingegee en ’n mosie aanvaar om ’n tolkdiens te begin ondersoek.

Ek is natuurlik eensydig as dit by dié kwessie kom.

As ’n oud-Puk het ek langs Zoeloe-, Tswana- en Xhosa-studente in klasse gesit en hulle kon verstaan wat aangaan omdat die tolk deur die gehoorbuis in hul taal gepraat het. Of ten minste in Engels.

Die US het egter vasgesteek die T-opsie – twee tale in een klas, helfte Afrikaans, helfte Engels. Ongelukkig het die klasse dan dikwels oorgeslaan na net Engels en moes die Afrikaanse studente sukkel om by te bly.

Die twee studenteverenigings wat baklei vir Afrikaans, Adam Tas en die Tygerbergers vir die Behoud van Afrikaans (TBAK), het volgehou dat hulle tolkdienste wil hê. Hulle het gesien dit werk elders, en dit sou beteken dat hulle steeds in hul moedertaal onderrig kan ontvang.

Die US se ingenieursfakulteit het die taak in eie hande geneem. Hulle het ’n tolkdiens ingespan en die studente meen dit werk, selfs in ’n gespesialiseerde vakgebied soos ingenieurswese, wat deurtrek is van talle tegniese terme.

Nou het die bestuur van die US-bestuur ook op die wa gespring met die besef dat dit moontlike ’n oplossing vir teenkanting teen die T-opsie kan wees en ’n mosie aanvaar om dit te toets.

By die Vredenheim-beraad het die vise-kanselier van die Noordwes Universiteit, dr. Theuns Eloff, beaam dat die implementering van ’n tolkdiens, soos dié op die Puk, heelwat gaan kos.

Wanneer daar egter gekyk word na die universiteit se jaarlikse uitgawes, beslaan dit slegs ’n fraksie daarvan. En as die sisteem eers in plek is, is die bedryfskoste minimaal.

Ek is baie bly vir die toekomstige Maties. Nou hoef die Xhosa-outjie nie meer voort te sukkel in Afrikaans nie, maar kan die lesing volg in Engels en hopelik later Xhosa, terwyl die Afrikaanse studente steeds trots Afrikaans kan wees. Die bestuur van die US klink nog skepties, maar tyd sal wel leer of die stelsel werklik suksesvol is.

Maar soos ek sê, ek is mos ietwat eensydig.

Praat jou taal!

VIR die meeste Engelssprekendes is Afrikaans nogal ’n moeilike taal om te bemeester.

My boetie het ’n Engelse vriendin en het dit op homself geneem om haar bie­tjie touwys te maak. Maar in plaas daarvan om haar oor basiese struikelblokke soos die dubbel-nie in te lig, het hy sommer weggespring met woorde wat nie juis in alledaagse gesprekke gebesig word nie.

Die eerste paar woorde van haar Afrikaanse woordeskat sluit in: trapsuutjie en verkleurmannetjie, kabouter, appelliefie, kastaiing en kaiings (met ’n in-diepte verduideliking in hoog-Hollands oor wat die verskil tussen die laaste twee is).

Sy Afrikaanse verduideliking vir ’n sigaret aansteker is as volg: “’n vinger-geaktiveerde, gas-aangedrewe, tabakrolletjie aan­- steek­meganisme”!

Dit het my weer laat besef hoe mooi Afrikaans eintlik is. Daar is baie woorde wat tog só beskrywend is.

Van my gunstelingwoorde sluit in: bromponie, kotiljons, skoppelmaai, koffers, kabaal, patats en pondok. Agterlosig, aapstert en sprinkaan. Hotkant en haarkant, kamma, vabond en vent. En natuurlik my gunsteling, hottentotsgod.

’n Skorriemorrie is ’n skurk, en as jy in ’n dikkedensie beland, is jy in die moeilikheid! En as iemand aldag siekerig is, is hy mankoliekerig.

Dis ook net in Afrikaans wat jy sal sê: “Hy het sulke regte sekretarisbene” (lang maer beentjies) of “agter-os kom ook in die kraal” en “om oor koeitjies en kalfies te gesels”.Iemand wat effe besope is, het in die “hoenderhemel” beland en ly die volgende dag aan ’n “babelaas”.

As Afrikaanssprekendes het ons nog altyd die gewoonte om oor te slaan na Engels toe sodra iemand klink asof hulle net effens sukkel om ons taal te praat. Dit is dalk ’n ingebore ordentlikheid, maar terselfdertyd maak ons eintlik ’n groot fout.

Ons moet juis ons taal meer praat, dan sal al die mooi woorde, wat ons stadig maar seker besig is om te vergeet, ook ’n kans op oorlewing hê.

So sprak jou sprook, en praat ons pragtige taal!

‘MXit’ die taal en vergeet van spel!

ONTHOU julle die dae van Wielie Walie, Pumpkin P atch en Brakanjan?

Dit was lank, lank terug, toe ek nog ’n kind was. Ons het sekere tye van die dag vasgenael voor die televisie gesit om nie ons gunstelingprogramme mis te loop nie.

Dinge het sedertdien baie verander. Nie net is die kinderprogramme op televisie anders nie, maar die jongspan het vroeg reeds elkeen ’n eie selfoon en toegang tot die internet.

Hulle lê hulle nou eerder en MXit as om opvoedkundige boeke te lees of programme te kyk.

Ek is nogal ’n Facebook-verslaafde. Ná al die kere wat ek al getrek het en al die dorpe waar ek al gebly het, is dit ’n maklike manier om in verbinding te bly met vriende van heinde en verre. Wat my egter van dié webblad irriteer, is die spelling.

Ek wonder soms hoe ’n opgeleide prokureur, rekenmeester of ingenieur sulke afgryslike taal kan gebruik, om nie eers van joernaliste te praat nie!

Hoe doen hulle hul werk as hulle nie kan spel nie? En wat gaan word van die jonger garde word wat nog op skool is, as hulle nou al so verkeerd spel?

Vir wie gaan ’n mens blameer? Die MXit-generasie waar kinders heelweek in kletsgroepe sit en met mekaar kommunikeer in ’n taal wat net hulle verstaan? Die onderwysstelsel wat hulle nie reghelp nie? Of sommer net die feit dat kinders nie wil leer nie?As jy op MXit klets, moet jy so vinnig as moontlik tik en dit lei tot die baie verkorte weergawe van skryf.

Maar wat soms daar voorkom, maak van Grieks ’n lammetjie. So beteken “lmga, ekt nu nt so groot geskrk” beteken “ek lag my (alie) af, ek het nou net so groot geskrik” en “wmj di nwk? ko os ga kye”, “wat maak jy die naweek? kom ons gaan kuier”.

Ek is skaars uit my tienerjare, en ék sukkel! Miskien is die enigste oplossing dat ouers deur die week hul kinders se selfone afneem en hulle ’n goeie boek in die hand stop.

Laat hulle koerante lees, maar ook nie daardie wat in “hul” taal skryf nie. Stel hulle bloot aan óns taal waaroor die stryd so woed. My hart gaan uit na diegene wat by die onderwys betrokke is.

Hoe kry jy kinders om dié slegte gewoontes af te leer? Of moet ons nou maar ons woordeboeke aanpas om woorde soos “leka” en “kye” in te sluit?Of die televisie-programme wat oor die jare heen so verander het die skuld moet kry, of die feit dat tegnologie soveel verbeter het, weet ek nie.

Ek vermoed wel dat daar ’n generasie is wat eendag ons skrywers, prokureurs, onderwysers en ingenieurs moet word, maar wat waarskynlik nooit reg sal kan spel nie.

Draai, draai op die deuntjie van Afrikaans-wees

As ‘n boeremeisie uit die Groot Karoo is dit eintlik nogal sad om te erken dat ek eers leer dans het toe ek op die Puk geland het.

Nogal snaaks, die Potchefstroom se Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (of die PU vir Coke, Hamburgers en Onrus of wat jy dit ookal wil doop) se naam het nou verander, maar dis nog steeds bekend as die plek waar dans ‘n no-no is, want dit kan dalk lei tot seks.

Ek was nog altyd mal oor lang mans en ek het eenkeer daar in die Impala Hotel ingewals in my te-kort rokkie en in ‘n lang man vasgekyk. Hy het my sommer net daar leer dans. Stappie vir stappie, al om die draaie.

Die lang man het vir ‘n fantastiese, kort liefdesverhouding gesorg, maar daardie danslesse kom nog steeds handig te pas.

Noudat ek in die Matieland bly is daar nogal heelwat plekke wat dié tipe vermaak verskaf. Regte Afrikaanse tunes met die regte beat waar jy tog te lekker kan gooi. Maak nie saak hoe neerhalend jy van daai songs se eentonige beats en horibale lirieke praat nie, maar as hulle begin speel in ‘n plek waar daar ‘n dansvloer is, dan skop jy jou skoene uit en begin skoffel.

So staan ek nou die dag weer in ‘n klub waar die massas in die rondte draai. Ná jare se oefening is dit nou maklik om die regte ritme en dansmaat te kry en dan draai ek tog te lekker saam, maar as jy daar op die kantlyn staan (en weer soos die lelike eendjie op skool voel wat niemand mee wil dans nie) dan verbaas ek my oor hoe die mense verskil.

Jy sien hoe die laaang girl en die kort dude sukkel-sukkel draai, want sy arm tref elke keer haar teen die voorkop en maak haar deurmekaargeswaaide hare nog ‘n bietjie meer soos ‘n kraaines lyk. Die vet girl sweet so op die maat van die musiek, die maer ingenieur kan glad nie by die musiek hou nie en die rugby-speler kom weg daarmee om met ‘n PT-broek die girls te verlei want hy weet hoe om jou reg vas te hou.

Ek het nog altyd gedink ‘n man vry soos hy dans. Daar is mos nou natuurlik probleme in dié teorie (of eerder assumption). Baie mense het mos nooit geleer nie, maar ek het nog altyd gedink dat as ‘n man jou vasgryp en met mening jou in ‘n rigting begin stuur, dat hy jou só van jou voete af sal soen ook. (Ek was al een keer verkeerd bewys deur ‘n Engelse seun wat baie goed kon dans.)

Selfs al is my teorie net 90% akkuraat voel ek nog steeds dieselfde oor een ding – ‘n man moet nou maar eenmaal kan dans om ‘n man in my oë te wees.

Anglo-frikaans: so verkrag ons ons eie taal

Blykbaar is dit eintlik maklik om te skryf.

Só sê een van my vriende nou die dag vir my. Blykbaar kan enigiemand met ‘n klein bietjie agtergrond in Afrikaans dit doen. Soos dié blog. Ek kan woorde soos cool, flippen, weird en hectic tussendeur gebruik. Sommer so terloops, asof dit nie eintlik uit ‘n ander taal uit kom nie.

So praat ons almal mos maar ‘n aanmekaargeflansde taal. Spoeg en plak so hier en daar ‘n word uit Engels, so nou en dan ‘n Franse een, en elke dan en wan een in Duits. Ná ‘n rukkie kom ons nie eers meer agter dis nie Afrikaans wat ons praat nie, en die Anglo-frikaans kry al hoe meer vorm.

Daar diep in die Groot Karoo praat veral die Engelse boere so deurmekaar. ‘n Ongelooflike deurmekaarspul. Ons bure se seun het na ‘n kwartaal oppad plaas toe sy rapport vir sy ma gegee. Onderaan het gestaan: “Joseph mixes his languages a lot.” Sy ma draai toe sommer net daar in haar stoel om te raas: “Jo, you mustn’t talk so deumekaar, man!” En sy is ‘n onderwyser!

Ek moet sê, behalwe vir die Afrikaans-Nederlands dosente wat ek ken, is die enigste ander mense wat regtig Afrikaans kan praat, die mense van die Paarl. Ek is nog steeds nie seker hoekom nie, maar hulle almal praat so mooi. Van “my woning” en “ons gaan ‘n maaltyd geniet”. Dis asof Afrikaans nooit daar uitgesterf het nie.

Daar is die permanente geveg aan die gang tussen die regering en die tersiêre akademiese instansies wat die taal betref. Tog is daar slegs ‘n kleine deeltjie van die alumni wat Afrikaans as ‘n vak loop en dus regtig die taal waardeer. Die res praat die mengelmoes Afrikaans wat almal so goed ken. “Awhê brother, hoe lykit, man?” Ek meen, wie sê nou eintlik “Goeie more, mejuffrou”. Niemand praat meer so nie.

Ek het ‘n groot probleem met hoe van die koerante deesdae skryf. Veral die wat gemik is op tieners. Ek meen, hoe de joos moet hulle die taal ordentlik aanleer as koerante dieselfde horibale taalgebruik toon as wat die mense daar buite praat? Is die idee nie juis om hulle reg te leer nie? Ek glo in elk geval tieners wat koerant-lees wil dit graag doen, en jy hoef hulle nie te trek met slang-deurdrenkte taal nie.

Kry ‘n blog. Skryf na jou hartewens al die Engelse byvoeglike naamwoorde wat jy kan. Maar hou dit tog net uit die media uit.

Hou op om ons taal te verkrag en dan te huil oor jy nie kan klasloop in jou moedertaal nie. Waar is jou trots dan?