About Miss Helen and the Owl House: Red

For Helen Martins, bringing light and life into her home was one of her biggest accomplishments. During her creative period, between 1945, after the death of her father, and her own suicide in 1978 she created a wonderfully light and colourful home, reflecting light through shaped mirrors and shattered glass.

Helen loved the colour red, which she felt was the colour of passion. Her ‘precious red glass’ was a lot harder to find than brown beer bottles during her creative period.

It is also the colour of the honeymoon room, where a red sun with “jealous”, green eyes keep watch.

The window between the long bedroom and the honeymoon room as well as the kitchen window was replaced with red glass, which would have cost her a considerable amount of money.

Sue Ross tells in her book “This is my world” that Helen used to have her mirrors ordered and delivered to Nieu Bethesda. Her orders were very specific, and many shapes can be seen inside the house still. Especially mirrors cut into the shape of handheld mirrors were her favourite. There are also crescent moons and suns throughout the house.

In the book, a tale of Helen and her lover of 21 years, Johannes Hattingh, regaled by his daughter tells the story of Mrs Hattingh’s ruby and diamond brooches and rings. The transformation of her house was also what brought the couple together as this is when they started spending time together. 

His daughter, Machteld, also tells of a bright red velvet chocolate box with a little mirror on top, which Hattingh had given to Mrs Hatting in 1915. His daughter tells how badly Helen wanted the pretty box that Mrs Hattingh used as a jewellery box.

My own grandmother, Freda van Heerden, tells of a day when she ran into Helen Martins during a shopping spree in Graaff-Reinet. “She used to come across as very neglected, duty from working with cement and her hands were very dried and scarred. On that day, however, she was dressed in a beautiful red dress. Very fancy! It seems that her sister, Alida, had just passed away and Helen had inherited all her sister’s clothes.”

Colour was very important to Helen, who filled her home and garden with sculptress from glass, a feast for the eyes.

Yet, her red glass was supposedly very precious to her.

It was her wish that she be cremated and that her ashes be mixed with red glass and mounted on Oswald her favourite owl who stands sentinel at the back door. “But the dominee might think me a little strange …”

Boy en Perdekar en die appel

As kinders van ’n klein Karoo-dorpie is ons baie bevoorreg is baie opsigte, maar dis steeds belangrik om te onthou dat daar baie swaarkry is in sulke afgeleë areas. Die ongelooflike landskappe van die Karoo is ’n beeldskone plek om groot te word, maar vir baie mense in dié gemeenskap gaan dinge maar broekskeur.

Die dorpie en plase is ver verwyder van enigiets af en winkels, dokters, tandartse en selfs net Binnelandse Sake se kantoor is ’n hele daguitstappie “dorp” toe. Dan moet daar nog ’n taxi geboek word vir die dag ook.

Op ons plaas het ons werkers wat al so lank as wat ek kan onthou daar woon. Een van hulle se naam is Boy. Sy regte naam is Hendrik, maar niemand ken hom só nie. Boy het nogal ’n interessante storie, meestal omdat hy en sy broer dieselfde naam het. Destyds kon sy ma nie onthou wie is wanneer gebore nie, so hulle het toe sommer altwee dieselfde naam én geboortedatum gekry.

Natuurlik het Binnelandse Sake dít glad nie verstaan nie en so is die twee se identiteitsnommers ’n bietjie van ’n deurmekaarspul en hulle soms sommer as dieselfde persoon gesien.

So het dit gebeur dat Boy, ná sy vrou se afsterwe, besluit het om weer te trou. Om een of ander rede het Binnelandse Sake egter die kat aan die gat beetgekry en volgens hulle was Boy klaar getroud met sy broer se vrou, Elsie. Alhoewel Boy en sy nuwe vrou wel “kerk getroud” was, kon die huwelik nooit geregistreer word by Binnelandse Sake nie.

Dit het egter nie vir Boy veel gepla nie, want sy nuwe vrou was ’n moeilike antie en sy het kort daarna besluit sy verkies die dorpslewe bó die van die plaas en sy is vort. Intussen is daar met veel moeite aansoek gedoen vir nuwe ’n identiteitsdokument en aangesien die huwelik nooit geregistreer kon word nie, is Boy nou weer ’n vry man!

’n Ander kwessie wat natuurlik opduik as jy só afgesonder is, is gesondheidskwessies. Die kliniek is 9 km ver en die naaste tandarts ’n hele 60 km van die plaas af. Sodoende is meeste van ons werknemers teen hul middeljare reeds tandloos.

Boy het darem nog ’n oogtand of twee gehad, maar een van ons ander werkers, Willem of Perdekar soos hy by die ander bekend was, was heel tandloos. Dis natuurlik een ding om sop te wil eet, maar dis ’n helemale ander storie as jy ’n appel wil kou.

Dus, elke keer as Perdekar ’n appel wou eet, het hy dit eers vir Boy met sy een oogtand aangegee en mooi gevra: “Start hom net gou daar vir my?”

Kosmaak voor my ma se Aga

EK het nog altyd ’n sagte plekkie vir resepteboeke gehad.

Dié liefde het in my kinderdae ontstaan, waar ek saam met my ma in haar warm plaaskombuis, voor die Aga-stoof, deur resepteboeke sit en blaai het op soek na ’n nuwe poeding of bredie om uit te toets.

Saam het ons gebak en brou, koekies gebak en die buurvrou se nuwe disse probeer. Van jongs af het ons geleer hoe om regte plaasgeregte en maklike eetgoed voor te berei.

Dit het ook dikwels gebeur dat moeder vinnig moes inspring wanneer iets nie heeltemal volgens plan verloop nie!

Dis dalk juis die Aga, die reuk van beskuit wat uitdroog in die oond en die warmte teen die Karoo-koue wat my liefde vir nuwe resepte aangewakker het.

Sondae was dit tyd vir gekookte kos. Bruingebraaide lamsboud in die oond met roosmaryn, wat die huis soos ’n grênd restaurant laat ruik. Blinkbruin gebraaide aartappels en soet malvapoeding vir nagereg.Toe ek destyds universiteit toe is, was Sondae altyd die ergste. My ouers was te ver, terwyl die res van die kampus verdwyn het vir die naweek.

Dus het ek weer begin om op Sondae te kook, ’n tradisie wat ek steeds probeer volhou – al is dit steeds met ’n piepklein stofie. Met my Karoo-kookboek onder die blad probeer ek nuwe disse, oondgebakte hoender (in ’n miniatuur oondjie en ’n tweeplaat-stoof) en ingewikkelde crême brulee (natuurlik nie die beste idee as jy nie strooisuiker het nie!) en hope knoffel wat die huis deurtrek. Dit was natuurlik baie meer pret om te kook in ’n huis waar jy weet iemand ánders gaan, ná jy koekmeel die hele vloer vol gemors het, tjoef-tjaf die vloer weer laat blink.

Ek en my ma e-pos nog steeds nuwe resepte heen-en-weer, maar die internet is nou eenmaal nie soveel pret soos die Kook-en-Geniet nie!Maar deesdae, wanneer ek genoeg gekook het vir ’n hele weermag en dan die helfte moet vries, mis ek steeds Sondae by die huis, my ma se rye resepteboeke en veral die warm Aga waar jy jou winterhande kon warm maak ná ’n dag in die koue.

Ek mis haar raad met alles van hoofdisse tot nagereg, sop en koekies, en ’n yskas wat altyd die nodige bestanddele het!

My Antie Kraai

EK lees gisteroggend Valiant Swart se rubriek oor huishulpe.

Hy vertel hoe so iemand deel kan word van jou gesin en die lief en leed kan deel. Toe ek baie klein was, het ek só ’n oppasser gehad. Haar naam was Antie Kraai.

Eintlik was dit Angeline­ Kraai, maar daai lange naam was een te veel vir my kindertong om reg te kry en sy was sommer net my “Antie Kraai”. Haar mense het haar egter al die jare Antie Evelyn genoem en dis ook met dié naam wat sy ’n celebrity geraak het.

Vir die eerste paar jaar van my lewe moes die liewe Antie baie rond hardloop om seker te maak ek en my ouer sussie bly uit die modder en die moeilikheid, terwyl ons nie ons kleiner boetie uitbuit nie.

Sy het gesorg dat ons tande geborsel en hare gekam is. Sy het ons beddens opgemaak en kaste reggepak. Sy het my verskriklik bederf. Sy het altyd gelag as sy vertel hoe ek “my pê” wou hê. My ousus was voor my uit die doeke en ek wou ook soos sy grootmeisie-onderklere dra. Dis steeds een van die dinge wat sy oorvertel wanneer sy my sien.

Haar man, Flip Oliphant, was my pa se voorman, en hy het later begin om vir die munisipaliteit te werk en hulle is van die plaas af weg.

Maar my Antie Kraai was ’n goeie sakevrou, en aangesien Nieu-Bethesda (waar hulle nog steeds woon) die meeste van sy inkomste uit toerisme genereer, het sy die geleentheid aangegryp en ’n restaurant begin.

Vandag is sy bekend vir haar drie-gangmaaltye – tradisioneel met ’n township-invloed. Bobotie, roosterbrood en moerkoffie uit die boonste rakke. Die heerlikste kos bedien in haar eenvoudige huisie in Pienaarsig wat oor die sokkerveld uitkyk. Sy sal ook tydens die maaltyd met jou gesels en heelwat te vertel hê oor haar eie lewe, haar kinders en die gemeenskap.

Menige joernalis het al haar drumpel deurgeloop en seker gemaak haar bekendheid groei.

Ek maak deesdae my eie bed op en pak self my kaste reg, want Antie Kraai het haarself van ’n geliefde huishulp opgewerk na ’n bobaas-kok en vandag is sy famous.

‘n Bier teen die Karoo koue

WAT gebeur as ’n klomp wynmense van die Wes-Kaap die Oos-Kaapse koue aandurf?

Hier is ’n storie wat my ma my gister vertel.

’n Groep jagters van die Kaap het verlede week daar in ons klein Karoodorpie beland en Saterdag ’n bietjie tyd afgeknyp om die dorp te verken.

Natuurlik is daar heelwat sosiale aktiwiteite om van uit te kies in ’n stofpaddorpie met net ses strate, en hul eerste stop was by die bier-brouery, een van ons trotse besienswaardighede.

Daarna is hulle na die plaaslike watergat (die enigste) om die rugby te gaan kyk. Daar is darem deesdae ’n pool-tafel ook en halftyd blêr 1993 se treffers uit die blikkerige radio.

Saterdae beteken ook dat daar lewe by die tennisklub is, selfs al trek die termometer ver onder vriespunt.

Dis die boere se weeklikse saamtrek en die toergroep het ná afloop van die rugby daarheen gesuiker – net vir een of twee drankies.

Reeds lekker warm na al hul sosiale rondtes, het hulle by die plaaslike restaurant gaan eet, waar ’n Switserse sjef die heerlikste pizzas maak.

Dis ook dáár waar hulle die idee kry om iets buitengewoon te doen.

In ’n dorp soos Nieu-Bethesda is dit moeilik om iets aan te durf wat nog nie reeds gedoen is nie, en toe my pa begin giggel, weet hulle daar is iets aan’t broei.

Jare gelede, tydens ’n kuier by ’n destydse restaurant (die plek se naam was Stokkiesdraai), het my ouers na heelwat wyn besluit hulle gaan die “goue myl” aandurf.

Met net tekkies aan vir die dorings, het hulle om die kerk in die middel van die dorp genael. Gelukkig is daar nie straatligte in die donker Karoo nie!

Die jagters besluit toe om dié aktiwiteit een stap verder te vat, net om ánders te wees.

Twee van die manne het hul klere net daar gelos, en gewapen met ’n hoed – ingeval hulle iemand teëkom – begin hardloop, reg om die kerk (wat drie blokke van hul beginpunt af is).

Wes-Kapenaars laat hulle nie sommer onderkry nie, en om seker te maak dat niemand gou van dié insident nie vergeet nie, het hulle doodluiters die kroeg binnegestap, hoed voor die skaamte, en ’n bier teen die bibberende koue bestel.

Die kinders van die dorpie waar tyd stilstaan

Eendag lank lank gelede was daar ‘n klomp kinders wat op ‘n klein dorpie in die Karoo gebly het.

Hulle het elke Saterdag, wanneer almal terug is van kosskool, bymekaargekom by die Tennisklub. Daar het hulle fietsgery, in die modder gespeel en deur die dorp gejaag met fietse om vrugte te gaan steel. Hulle het gaan skelm swem in die dam op die punt van die dorp en moeg en vuil gestop vir ‘n koeldrank vyfuur die middag.

Die dorpie met sy stofstrate was ‘n veilige hawe vir dié kinders. Hulle het baie skel gekry oor hulle mannewales. Veral as hulel met kieste vol druiwe of rooigevlekte moerbei-hande betrap was.

Hulle was gelukkige kinders. Deel van ‘n dorpie wat min ander mense beleef. Die dorp se mense is almal soos familie, en verjaarsdae, troues en lief en leed is alles gedeel.

Toe die groepie kinders grootword, het heelparty van hulle aanbeweeg en die strate het stil geword. Party het getrou en ver in die land getrek, terwyl ander stad toe is om sukses en rykdom te gaan vind. Ander weer het oorsee gegaan en dáár hulself gaan soek.

Die dorp se mense het uitgevra oor elkeen, wou weet wat hulle doen, hoe hulle vaar op universiteit, of hulle genoeg geldmaak in hul nuwe werk en of daar al liefde op die horison was.

Hulle was gemis in die dorpie waar almal hul familie was.

‘n paar jaar later het een seun teruggekeer. Met vrou en kinders het hy teruggekeer plaas toe, na die stofstrate van sy kinderdae, en die familie wat hom met ope arms terugverwelkom het. Die kalf vetgemaak vir die okkasie.

Nog een het sy pad huis toe gevind, en hulle kinders het in die strate begin modderpoele bou.

Stadig maar seker het kinders se gelag weer in die strate begin klingel en dis asof die strate weer begin lewe het.

Die kinders van ouds het hul speletjies en stoute stories vir die jongspan vertel en die nuwe generasie het oorgevat.

Baie van die kinders bly steeds in die stede en ver van die klein dorpie, maar die gelukkige handjie-vol wat kon terugkeer huis toe maak seker dat die tradisie aanhou in die dorpie waar tyd stilstaan en vriende nog altyd deel van die familie word.

Kleindorpie families

Die voordeel, of nadeel, van een van die kleinste dorpies in die land af kom is dat jy grootword met die hele dorp as jou familie. Jarre nadat jy die huis verlaat het, weet almal nog altyd van jou graad, wat jy óf gekry het óf nie, jou nuwe boyfriend, jou nuwe werk en jou nuwe stokperdjie.

Dis asof die mense in die klein gemeenskap waaruit ek kom nog altyd gereed staan om te luister oor ‘n brokkie van een van “hulle” kinders. Dit beteken ook dat jy hulle almal te nooi indien jy die dag 21 word, vir jou 30ste, 40ste en 50ste verjaarsdag, maar veral as jy die dag besluit om te trou.

Trou is groot in ons gemeenskap. Daar word tussen jou en die man (of vrou, maar daar is nie baie seuns uit ons area nie) se vriende mooi gekies wie genooi moet word, want die familie word gelys, maar eers nadat die hele distrik klaar by tafels ingedeel is.

Dit is natuurlik ook waar vaqn die nuwe mense wat in die dorp intrek.

Ek bly reeds om-en-by sewe jaar nie meer by die huis nie. Toe ek nog op varsity was, het ek darem vakansies in die enigste pub op die dorp gewaiter vir ekstra sakgeld. In daai dae het ek natuurlik alles van almal geweet, want selfs al was jy nie ‘n gereelde besoeker aan die pub nie, was daar nogal heelwat ander mense wat jóú ken en dus sommer jou stories oorvertel vir jou part.

Ná universiteit het ek na die eerste klein kusdorpie getrek, en ek het nooit weer regtig tyd gehad om maande by die huis te spandeer nie. Selfs ‘n naweek was partykeer baie gevra, en dan was dit gewoonlik oor die vakansietye wat jy in elk geval net op die plaas bly saam met die familie.

Na drie jaar van werk het daar baie nuwe mense ingetrek in my tuisdorpie. Baie van hulle is sommer weer vort ook. En dis dié wat vir my nogal vreemd is.

My ma bel my so een keer ‘n week en dan vertel sy my die skindernuus wat loop in die dorp. My arme moeder het natuurlik vier kinders en ek dink partykeer sy vergeet vir wie sy wat vertel het, en dus kom van die nuus maar so deur my siblings eers by my uit. Nuwe intrekkers, liefdeskandale, dood en verjaarsdae. Dis alles waaroor daar gesels word, maar deesdae klink al die name vir my nie so bekend nie.

Van hulle ken ek van altyd die stories hoor, maar baie is maar steeds onbekend. Tog praat my ma nog steeds van hulle asof hulle jare-lange familie is, en ek gesels maar saam, so asof ek eintlik weet wie is wie.

Die ergste vir my is natuurlik om na al die jare in die verre terug te keer huis toe, die tennis klub, wat die sosiale samekomsplek op Saterdae is, te betree, en van alle kante af aangekyk te word as ‘n vreemdeling.

So wanneer jy die ou bekendes op die ry af begin soen-groet, dan sal die nuwe, vreemde, locals begin besef jy is eintlik een van die verlore skape, en stadig begin opwarm en jou weer insluit in die gemeenskap.

Dit was nog altyd vir my sleg. Dis asof ek familie het wat ek nog nooit ontmoet het nie, al klaar van vervreemd geraak het.

Tóg is dit die mense wat jy graag by troue sal wil hê, wat tot laat die tafelwyn sal sit en drink saam jou pa, saam die dansbaan sal aandurf en nuwe moves uit die verte leer en juis sal onthou van jou groot dag.