Ek het ‘n nuwe rubriek in die koerant, so ek dog ek post dit sommer hier ook.
DIT is nie altyd maklik om by ’n gemeenskapskoerant te werk nie. Jy moet op ’n duisend plekke op dieselfde tyd wees, en is ook dikwels die oorstuk vir elkeen in die dorp wat wil moan en groan.
Verlede week was dit weer die verkeersdepartement wat onder inwoners se kwaai tonge deurgeloop het.
’n Inwoner van die dorp het laat weet hoe lui die verkeersmanne is. Hulle sit byvoorbeeld heeltemal te lank by die BP in Dorpstraat en koffie drink.
Gelukkig het ek toe nou die aand ’n kamera byderhand en vang toe mooi die beampte waar hy lekker sit en koffie drink. Skandalig.
Kort ná ek die skelm kiekie geneem het, skop my gewete egter in. Dit was reeds halfses die aand. Almal sit rustig en bier drink by die kroeg oorkant die straat, en hier neem ek steelfoto’s van die arme bloubaadjie wat net ’n koffie wil drink ná die lang dag.
As belastingbetalers se sakke geraak word, is dit belangrik dat daar nie leeggelê word nie, maar wanneer die amptenare die dag regtig werk, dan is die spreekwoordelike vet óók in die vuur.
Die volgende dag stroom hoogs ontstelde oproepe vanuit alle oorde in. “Hoe durf die verkeersmanne vir al die pa’s en ma’s wat hul eerstejaars kom aflaai, beboet? Hulle weet mos nie waar om te parkeer nie! Bel dadelik die verkeersdepartement en sê hulle moet stop!”
Victoria- en Ryneveldstraat sal uitgelos word wanneer registrasie plaasvind, is ’n verkeersbeampte se reaksie op dié parkeringspaniek. “Motors wat ander karre vasparkeer, sal wel beboet word,” maan sy tog.
Die Stellenbosch Verkeersdepartement het onlangs ’n splinternuwe bussie gekry, ’n kantoor op wiele, wat dit moontlik maak vir motoriste om sommer langs die pad hul boetes te betaal. Padblokkades tydens die feesseisoen het ook gesorg dat daar nie een ernstige ongeluk was nie.
Kort ná die parkeringskonsternasie, kom ’n oproep deur. Blykbaar het die verkeersouens wraggies ’n padblokkade buite die dorp opgestel wat die verkeer iets verskrikliks ophou! “Hoe durf hulle dit doen as al die eerstejaars probeer om by die koshuis in te boek!” word daar oor die foon gekla.
Nou wat moet die arme beamptes dan doen? Hulle hou ons paaie veilig, sover moontlik, hulle hou dronkbestuurders en maniakke van die paaie af, maar wanneer hulle stop vir koffie, is die gort behoorlik gaar.
Die belastingbetalers is soms baie vinnig om te kla wanneer daar nie gewerk word nie, solank die werk nie beteken hulle word self deur daardie werk uitgevang nie.

Hoor, hoor. Ek kry hulle ook jammer want soos jy skryf, as hulle nie werk nie is hulle in die moeilikheid en as hulle werk is hulle ook in die moeilikheid. Dis soos die ouens wat vir spoedoortredings gevang word. Hulle is altyd kwaad vir die spietkop asof dit hy was wat hul voet op die pedaal vasgedruk het. Maar nou ja, ons is mos Afrikaners, so kla sal ons kla.
Lyk my ek moet jou nommer kry for future reference.
Die ander dag (ook seker al ‘n jaar of wat terug, soos tyd hier vlieg) het ek uit Ackermans gekom. Toe sien ek spietkop stop mooi op ‘n GEEN STILHOU teken, en loop ewe casual by Ackermans in.
Net daar draai ek om, en gaan sien wat dan nou so belangrik is. Nee, meneer kom doen shopping vir sy baba.
Toe vat ek maar die selfoon, neem ‘n duidelike foto, en stuur dit vir die koerant. Wat dit toe ook geplaas het.
To bad. As jy ‘n job het om te doen, en jy werk die aandskof, beteken dit nie dat jy kan lazy terwyl ek bier drink by de Akker nie. More as jy gaan slaap, moet ek in my job wees en perform.
Mens moet maar die mense op hulle tone hou Ella. Dis my en jou geld after all wat hulle ‘n job gee!
Ek stem saam hulle moet op hul tone gehou word, maar mense in die dorp moan elke dag oor iets anders. Die koerant is mos deesdae die platform waar almal kom kla oor die dorp…
Nou Ella, as ek dinge so loer is jy nog biki jonk. Daarom moet jy jouself maar staal teen die klagtes, want dit sal jou oud en op maak.
Jy moet egter in gedagte hou dat daar altyd mense sal wees wat kla. Veral hier. Fok, VERAL hier.
Maar dinge was ook eens op ‘n tyd anders. Jy sal nie onthou nie. En nou is dit nie meer so nie.
Nou kla ons.
Maak dit sin?
😯
Ella
Die Ergste van padwoede wat ek beleef het was ‘n oom met ‘n driepunt kierie wat oor die voetganger robot sukkel en net toe hy reg voor my is slaan die lig vir my groen. Mnr ongepoets agter my lê op sy toeter. Toe sit ek maar my motor af, klim uit bied kom my sleutels aan en daag hom om die oom te kom pla try.!