So ry ek nou die dag Kaap toe vir ‘n kuier by die siblings in die stad.
Ek bly nog nie baie lank in die Wynland nie, so ek ken eintlik glad nie die stad nie. Ek weet darem hoe om te ry tot digby Constantia waar my broer en my suster bly. Vat die R301, dan die N2 en hou reguit aan tot jy by die M3 kom, dan ry jy al die pad tot jy heeltemal verby die berg is en draai dan af as jy die Main Road bordjie begin sien.
So klim ek Sondag in my kar, gooi bietjie petrol geld in en val in die pad. My ma bel nogal voor die tyd om te vra hoe dit gaan, en sê toe ja, dis mos die Argus Fietstoer, so ek gaan dalk van die fietsryers sien.
Ek het glad nie mooi daaroor gedink nie.
Ek ry toe in die stad in, mak gereed om die M3-afdraai te vat, maar daar staan die blêrrie spiedkop in die pad. Gesluit. Ek’s klaar verby die M5 en die M4, wat ook in daardie rigting gaan, so ek dog ek hou maar verby en kyk waar ek land.
Ek vat toe een of ander De Waal-afdraai en land op die M3. In die verkeerde rigting. Ai.
Ek probeer nog my GPS, Jan, aansit soda thy kan verduidelik hoe nou verder, maar te danke aan Nokia het my lisensie verval en Jan is stil. Flip.
Ek ry toe nou maar M3 langs terug, waar die pad weer gesluit is, en ek kwaai begin vloek. ‘n String karre word afgegooi en ek land in Woodstock. Volgens die kaart lyk dit darem of ek op die regte pad is en eventually land ek op Main Road, die M4.
Ek ry toe nou maar al langs dié pad af tot in Dieprivier. Verby die universiteit, verby daai plek waar ek eens op ‘n tyd ‘n werksonderhoud gehad het, verby Tiger Tiger en deur sewe duisend robotte.
Ek wou juis toe hulle woonstelblok in sig kom.
Blerrie sportmense, ek sê vir jou. Dis hoekom ek eerder die gym vermy.

LoL Ella, ek het een en dieselfde probleem! Ek vermy ook maar die gym juis oor ek bang is dit inspireer my tot groter hoogtes!
AG ek raak in elk geval geirriteerd met fietsryers wat dink hulle besit die pad en dan vingers vir ons wys as hulle so 4 langs mekaar ry.
Eiemand vertel my hy het al een van die belhamels aan die saal gevang en sy spoed opgedruk na 180 toe voor hy hom gelos het. Nou wonder ek of die al tot stilstand gekom het .