Kanker. Ek lees nou die dag Who Shall I Fear se blog raak.
Die seën van so ‘n ongelooflike blog tussen al die ander Afrikaanse skrywers weggesteek op WordPress. Die gemeenksap tussen al die skrywers is fantasties. Almal lewer kommentaar en help waar hulle kan.
Dalk kan dié storie vir haar en haar familie ook kan help.
Ek het ‘n vriendin wat ek noodgedwonge agter moes laat toe ek weereens trek. Ek en sy het baie tyd op haar stoep spandeer en baie wyn gedrink en so die wêreld se probleme probeer oplos. Ons het meestal daar by haar huis in die marina gekuier, want ons moes ‘n ogie hou oor haar seuntjie en dogtertjie van vyf en drie.
Volgens my is hulle altwee lekker bederf, maar ek praat uit die ondrvinding van ‘n 25-jarige wat self nog baie het om te leer. Dit dink jy in elk geval net totdat jy dié familie se ongelooflike storie hoor.
My vriendin en haar man is al tien jaar getroud. Hulle het binne die eerste twee weke wat hulle mekaar ontmoet het klaar besluit hulle wil die res van hul lewens saam spandeer en so was dit toe ook. Hulle is kort daarna verloof en later getroud.
Hulle altwee hou baie van dieselfde dinge, foto’s neem, die wilde buitelewe en hulle kids, maar haar man is die rustigheid vanself terwyl sy met haar rooi hare ‘n wilde kant het. Tog is hulle perfek vir mekaar.
Hul eersteling, Richard, het ná ‘n ruk die familie gejoin en dinge het goed gegaan.
Tot die noodlot geslaan het. Kort ná sy geboorte is my vriendin gediagnoseer met ovarium kanker. Sy was vir operasies en chemo en het later in remissie ingegaan. Dinge het rustiger begin gaan.
Sy en haar man loop egter een dag deur die mall en sy was toe verskriklik lus vir een of ander tjoklit roomys. Haar man het gestop, na haar gedraai en dadelik vir haar die roomys en ‘n swangerskaptoets gaan koop. Dit was positief.
Dit was ook nog nie die einde nie. Sy was in ‘n toestand. Sy het geglo sy gaan doodgaan, en hier is sy weer swanger, selfs met al die skrape en snye in haar ovarium.
Met haar eerste dokter besoek was die nuus egter baie erger. Die fetus was in haar ovarium-buis vas en moes geaborteer word, anders sou beide sy en die baba dit nie maak nie. Sterk vrou wat sy is het sy die dag haarself reggemaak vir die ergste.
Daar gekom het die onmoontlike egter gebeur. Die fetus het verskuif en was veilig in haar maag, op die regte plek in haar skoot.
Vandag het hulle twee ongelooflike blondekop kindertjies. Abbygail met haar blonde hare is ‘n regte engeltjie. Met albei ouers fotograwe is daar duisende foto’s van hulle.
Die Here werk somtyds op vreemde maniere om ons te toets.

Wat ‘n ongelooflike storie van hoop! Dit het my dag/week/jaar gemaak. ‘n Mens kyk maar gewoonlik net vas in die realiteite van die NOU – en dit wat jy verloor het of nie het nie. Meanwhile is daar dalk iets ongeloofliks wat net om die draai lê …
Jy’t ‘n stunning blog – sal gereeld kom kyk!
Sanet