Die Manakwalanners

So land ek nou die dag op ‘n Donderdagaand voor die televisie.

So halfpad deur die aand se kanaal-hop begin die ou-ou reeks Die Manakwalanners te speel.

Dié storie uit vervloë dae het my uit my kinderdae bygebly. Toe die musiek begin speel was ek (soos daai toneel in Rattatouille) terruggevoer na my kinderdae. Die onthou wat jou wegruk uit die koue winter tot die knus leefkamer van die plaas. Die reuk van ma se kos op die Aga-stoof en harde son, stof en die wag vir reën.

Almal onthou daardie een reël wat lui: “Is, myse ma se ok so!”

Dit was die derde episode getiteld “Die Boodskap”. Boerie stuur vir Abraham dorp toe om vir sy girl ‘n boodskap te neem. Hy moet dan die antwoord terugbring. Dit was destyds my gunsteling episode! Die boodskap was drie van daardie lekkergoed met die geskrywe op: “Jy is welkom”, “Nie vanaand nie” en nog een wat ek nie kan onthou nie… was dit “kan ek kom kuier” of “ek is lief vir jou”?

Terwyl die ander karakters voortgaan met die lewe in Namakwaland, speel die liefdesverhaal hom af.

Ná heeldag se wag kom Abraham terug met die boodskap. Kop omlaag vertel hy vir Boerie dat hy die boodskap verloor het. Hy het gestop om water te drink by die dam en die lekker het uit sy sak geval, saam met hom in die water beland.

“Ek het lank gesoek, Boerie, vir die boodskap. Maar die geskrywe het daar in die dam agter gebly. Toe ek die lekker kry was hulle reeds weg, en ek kon die geskryf nêrens in die water opspoor nie…” “Nou sal ek nooit weet nie…” antwoord Boerie.

Toe ek die eerste keer dié episode gesien het, was ek ook lus om verlief te raak. Ek wou ook boodskappies ontvang van ‘n man wat heeldag wag vir die antwoord.

Ongelukkig stuur niemand meer lekkergoed met geskrywe op nie. Hulle stuur SMS’e of add jou op Facebook of stuur ‘n e-pos.

Wat het van daardie ou-wêreldse romanse geword?

3 Replies to “Die Manakwalanners”

  1. Ek waardeer die tegnologie wat my verbind met ‘n paar vriende en familie oor die aardbol… maar jy is reg… daar is niks so lekker as om die koevertjie uit die posbus te haal en te gaan sit en lees met ‘n koppie koffie nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *